logo
Lyric cover art as blurred background
Lyric cover art

Jy Is Hier Geliefde My

Apple Music logo
Apple Music logo

Deezer logo
Deezer logo

Spotify logo
Spotify logo
Share icon
Lyrics
Dis onwaarskynlik dat ek eendag hierdie oomblik sal vergeet
Tussen al die ander wat ‘n leeftyd genereer
Hierdie een op ‘n Vrydag
Kwart oor twee
Hierdie een skryf ek neer

Want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
Jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets, langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai dat jy hier gaan kom draai
En wat nog te sê van stil kom staan sonder om weer te gaan
Ek het gewonder, maar kon nie weet nie, ek moes dit los, maar kon nie vergeet nie
So, hierdie dag skryf ek neer

Want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
Jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets, langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Jy is hier, geliefde my
Jy is hier om te bly

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist